Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spelpatroon help sege

In ’n wedstryd met twee kontrasterende helftes het die tweede span van Bethlehem Oudskoliere 2 vir Ladybrand Saterdag (12/05) met 34 – 12 in die Stoney Steenkamp-liga gewen.

Die eindtelling reflekteer nie heeltemal die ware weergawe nie, want dit was nie ’n maklike wedstryd nie.

Ladybrand het aanvanklik met heelwat geesdrif en toewyding ingeklim en die basiese fasette in die eerste helfte oorheers. Hulle het die eerste drie van die wedstryd aangeteken en so die geeltruie op die agtervoet geplaas.

Die telling was aan die einde van die eerste helfte 12 – 8 in die guns van Ladybrand.

In die tweede helfte het die geeltruie hul spelpatroon verander en met ’n aanvalspoging deur Ladybrand se agterlyn se verdediging gebreek.

Bethlehem Oudskoliere 2 het vier drieë in die tweede helfte aangeteken en drie doelskoppe oorgeskop.

In die eerste helfte het Reynardt Chapman ’n strafskop oorgeskop en JW Viljoen het vir Oudskoliere 2 ’n drie gedruk.

In die tweede helfte het Marlin Maasdorp twee drieë, Tumi Mokoena een drie en Ryno Chapman een drie gedruk. Reynardt Chapman het drie doelskoppe oorgeskop.

Ladybrand het geen punte in die tweede helfte aangeteken nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.