Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spoedwalle nodig in ‘dodelike’ straat

“Elke keer dat so iets gebeur, is almal in rep en roer – maar op die ou end gebeur niks nie,” sê Sandra van Reenen, ma van Hein Swart (18), wat op 24 Augustus noodlottig in ’n motorongeluk in Reitz beseer is.

Van Reenen, wat ook hier grootgeword het, sê in die 1990’s is ’n jong man in dieselfde straat, Sarel Cilliersstraat, doodgery.

Hein het saam met ’n skoolmaat, Christelle Cilliers, op ’n motorfiets van ’n teetuin af na sy huis gery. Die teetuin en huis is net ’n paar 100 m van mekaar af.

“Die ergste is, Hein het nie van motorfietse gehou nie,” sê Van Reenen.

“Hy het self ’n motorfiets besit, maar wou nooit daarmee ry nie.”

Sy sê Hein was baie veiligheidsbewus en sou ook nooit sonder ’n valhelm ry nie.

Van Reenen sê daar moet eintlik ’n verkeerslig opgerig word in die straat waarmee verkeer uit Bethlehem die dorp binnery.

“Mense ry te vinnig en hul gedrag moet verander word,” sê sy.

Volgens ooggetuies het die bestuurder van ’n Volkswagen Polo baie vinnig gery en toe so hard gerem dat hy te ver regs beweeg het en die twee tieners getref het.

Die Volkswagen het die motorfiets op die agterwiel getref en Hein is ernstig beseer.

Christelle het net kneusplekke opgedoen.

Hein is op die toneel gestabiliseer, maar is later weens veelvuldige breinbeserings in Bethlehem dood.

Van Reenen sê sy wil geregtigheid sien geskied en wag dat die ondersoek afgehandel word.

Talle inwoners meen die pad waarmee verkeer uit Bethlehem Reitz binnekom, is dodelik.

Heleen Müller, VF Plus-raadslid, sê die lang afdraand sonder enige spoedwalle veroorsaak dat motoriste die dorp te vinnig binnery.

“Ek is al self amper daar raakgery, maar moet ook erken dat ek al self te vinnig daar ingekom het omdat dit so ’n steil afdraand is.”

Müller sê sy gaan met die hoof van die verkeersafdeling van die Nketoana- plaaslike munisipaliteit vergader sodat sy kan uitvind of materiaal beskikbaar is om so gou moontlik spoedwalle aan te bring.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.