Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spogtuine in Paul Roux ’n wandeling werd

Die lede van die Bethlehem-tuinbouklub het Paul Roux Woensdag (09/05) die eerste keer besoek.

Renee Wolfaardt, bekende inwoner, het verskeie spogtuine aan die lede gewys.

Pens en Petro Maritz se tuin van sowat 3 000 m² was ’n belewenis om te aanskou. Die Maritze se buurman dr. Richard Lewis se tuin spog onder meer met ’n laventel­laning, terwyl daar in Dereck Petersen se tuin outydse rankrose groei.

Rosemarie Schutze se tuin het ’n sandsteenlabarint. Die Schutzes het ’n paar jaar gelede druiwe aangeplant en beplan om hul eie wyn te maak.

Die Rooidam is ook besoek om te sien wat die lede van die Paul Roux-bewarea al daar vermag het.

Die dag is afgesluit met ’n teeparty by die Skemervreugde-dienssentrum en ’n besigtiging van die inwoners se tuine saam met die bestuurder, Drice Rossouw.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.