Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sportklub vereer lede

Die Maluti-multisportklub het sy lede op die klub se jaarlikse toekenningsgeleentheid, in Oktober by Lavender Hill, vir hul prestasies vereer.

Maseoa Phoka het ’n eerbewys ontvang omdat hy vanjaar aan sy eerste Comrades-marathon deelgeneem het. Ian Cilliers is as die mees inspirerende atleet aangewys.

Jaydin Nel en Cara Cilliers is onder­skeidelik die beste seun en meisie in triathlon en duathlon.

Ryan Sartain het beste vordering vir seuns in landloop getoon, terwyl Emmelize Lambrecht die beste vordering vir meisies in landloop getoon het. Charné Wessels is as die kinder-atleet aangewys wat die meeste vordering getoon het, en Rhona Steyn die volwasse atleet wat die beste gevorder het.

Melissa Maritz is as die beste klublid aangewys.

Heizel Moller en Natalie Landman was gassprekers op die geleentheid.

Moller is ’n bekende in hardloop­kringe en hardloop gewoonlik tien Comrades-marathons in tien dae, waarvan die tiende een die amp­telike Comrades-marathon is.

In 2020 wil sy 20 keer die afstand hardloop in die dae voor die Comrades, waarvan die 20ste keer die Comrades sal wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.