Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sportweek ’n aanwins

Dit is met groot opgewondenheid dat ek op die sosiale media verneem dat die jaarlikse Bokkieweek wel gedurende Oktober in Kroonstad sal plaasvind.

Ek is seker die skole, afrigters en die breë gemeenskap van Kroonstad deel in die vreugde ná ’n jaar van bykans geen sport en met sport wat tans op beperkte maniere beoefen word.

Nie net sal die kinders weer die geleentheid gebied word om hul talent ten toon te stel nie, maar sal die geleentheid beslis ook vir die dorp ’n lekker geldelike inspuiting wees.

Ons as sportgeesdriftiges en inwoners sien uit om gaste en spelers te ontvang en weer van die opwinding deel te wees.

Kroonstadters, maak julle gereed vir heerlike rugby, hokkie en netbal wat gespeel gaan word.

Anoniem,
kroonstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.