Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stasie die ‘ritme wat jou ore verdien’

MalutiFM97.1 kuier reeds vir vyf jaar in luisteraars se voertuie, op hul voorstoepe en help jou om die ure by die werk af te tel.

“Oor die afgelope vyf jaar kon ons die Oos-Vrystaatse mense leer ken. Nou is die opwinding groot om selfs beter diens te lewer en nog luisteraars se behoeftes te vervul,” sê Corné van Noordwyk, stasiebestuurder.

Dié radiostasie het in 2014 sy eerste uitsaailisensie ontvang en op 16 September die eerste keer as Radio Maluti op die lug uitgesaai. Sedert 2017 staan dit as MalutiFM97.1 bekend. In 2019 het hy die goeie nuus ontvang dat die uitsaailisensie vir nog vyf jaar toegestaan is.

Opwindende vooruitsigte

Hoewel daar verskeie vooruitsigte vir die volgende vyf jaar is, glo Van Noordwyk dat verandering slegs gebeur as dit verbetering bring.

“Ons pas gereeld programme aan soos ons agterkom wat werk en wat nie.

“Soos die seisoene verander en mense tot later in die somer wakker bly, pas ons ook die tydsgleuwe van programme aan,” sê Van Noordwyk.

Een van die nuwe verwikkelinge is dat dié stasie die jeug en veral die skole meer wil betrek.

“Die leerlinge wat tans in die skoolbanke sit, gaan eendag die huidige span moet vervang.”

Die stasie het oorweldigende reaksie ontvang toe kinders op Jeugdag vanjaar die stasie “gekaap” het.

Vir die omliggende dorpe van Bethlehem in MalutiFM97.1 se uitsaaigebied is daar ook goeie nuus. Van Noordwyk sê hulle het ’n verpligting teenoor dié dorpe omdat daar net soveel luisteraars is en wil dié mense graag meer betrek.

Gee om vir span

Die bestuur van MalutiFM97.1 is dankbaar vir elke omroeper wat hul passie en liefde op dié stasie uitleef.

“Julle is die mense wat die luisteraars in jul spasie toelaat. Sonder julle sou ons dit die kon doen nie.”

Die bestuur sien om na die span en gryp elke geleentheid aan om aan die span te skaaf om te verseker dat aanbiedings professioneel is. ’n Opleidingsessie vir omroepers en gereelde gaste op die lug word beplan, waar ’n omroeper met jare se ondervinding in die uitsaaiwese die span touwys maak.

Elkeen se stasie

“Die radiostasie is nie net vir ’n uitgekose groep mense nie. Dit is ’n radiostasie vir die hele gemeenskap,” sê Van Noordwyk.

Om dié rede word die gemeenskap genooi om insae te lewer. Die ideale platform hiervoor is die algemene jaarvergadering op Woensdag 6 November om 18:00 by Wulf Alarms se perseel in Cambridgestraat. Op die vergadering sal ’n jaaroorsig gegee word, nuwe komitees sal verkies word en die finansiële state sal voorgelê word.

Kom pligte na

MalutiFM97.1 se plig is om die gemeenskap in te lig, op te voed en te vermaak. “Om luisteraars oor die radio op te voed kan ’n uitdagende taak wees,” sê Van Noordwyk.

Daarom het hulle besluit om hande met die Dihlabeng-munisipaliteit te vat en dit op ’n vermaaklike wyse aan te pak. Die jongste advertensie van die munisipaliteit moedig luisteraars aan om water te spaar, wat een van die projekte is waar ons ’n verskil in die gemeenskap wil maak.

Media staan saam

Vrystaat Nuus/News en MalutiFM97.1 se goeie verhouding gee vir die gemeenskap die geleentheid om op die hoogte te bly.

  • Elke Woensdag om 08:30 word ’n voorskou vir luisteraars en lesers, gegee oor waarna hulle kan uitsien in daardie week se koerant. Dié twee instansies werk saam om weekliks ’n gemeenskapsdagboek saam te stel met gebeure in die Oos-Vrystaat. Skakel in op MalutiFM97.1, want dit is “die ritme wat jou ore verdien”.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.