Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Statistieke wek kommer

Sedert 2016 is bykans 300 plaasaanvalle in die Vrystaat aangemeld. Só lui ’n verklaring wat verlede week deur Vrystaat Landbou uitgereik is.

Die organisasie het bevestig dat 298 plaasaanvalle – wat 37 moorde insluit – in die tydperk van 1 April 2016 tot 31 Maart 2021 in die provinsie plaasgevind het.

Volgens dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou, is 143 kommersiële en ontluikende boere aangeval, waarvan 16 vermoor is.

Sy het ook bevind dat 126 werkers, wat plaaswerkers, voormanne en sekuriteitswagte insluit, aangeval is. Van hulle is 14 vermoor.

In die verslag word aangedui dat 300 plase in die afgelope vyf jaar die teiken van ’n aanval was; dit beteken dat 71 van die provinsie se 88 dorpe deur ’n plaas­aanval geraak is.

As die statistieke van die 2020-’21- finansiële jaar met dié van 2019-’20 vergelyk word, is daar ’n toename van vyf moorde en 14 plaasaanvalle.

Dit is die hoogste syfers in die afgelope vyf jaar.

“Dit is kommerwekkend dat plaasaanvalle en -moorde gedurende die inperking – terwyl die polisie meer sigbaar was – toegeneem het,” sê Buys.

In 52,46% van die plaasaanvalle is slagoffers geskiet of ernstige nek- en kopbeserings toegedien, en per voorval was ’n gemiddeld van drie aanvallers op die toneel.

Volgens Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee, het 70 van die plaasaanvalle en -moorde in 12 landbou­gemeenskappe teen die Lesotho-grens plaas­gevind.

Vrystaat Landbou onderneem om bewustheid oor die kwessie te bly skep en gemeenskappe te bemagtig om veiliger landelike gebiede te verseker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.