Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ster nie bang om groot te droom

Stéphan du Plooy (12), ’n gr. 7-leerling aan die Laerskool Truida Kestell in Bethlehem, is as Julie se wenner van Vrystaat Nuus/News en Let’s Play se Sportster van die Maand aangewys.

Hy is ’n veelsydige presteerder in tennis en krieket.

Du Plooy speel van gr. 5 af vir Truida Kestell se eerste tennisspan as nr. 1-speler. Hy is gekies vir die volgende tennisspanne: Oos-Vrystaatse o.14-span, Vrystaatse o.14-skolespan, Vrystaatse interprovinsiale o.13-span en die Suid-Afrikaanse o.13-skolespan.

Die Suid-Afrikaanse o.13-skolespan toer Augustus na Amerika om daar aan verskeie toernooie deel te neem en teen spanne van Amerika te speel.

Du Plooy speel ook gereeld in Tennis Suid-Afrika se toernooie.

Sy leuse is: “As jou drome jou nie bang maak nie, is hulle nie groot genoeg nie.”

  • Meer oor Let’s Play

Oor die afgelope paar jaar is SuperSport as sportgesag in Suid-Afrika gevestig.

Met so ’n sterk sportinvloed binne die Suid-Afrikaanse mark, is SuperSport perfek geposisioneer om hierdie krag te ontgin en om die publiek en maatskappye te motiveer om werklik ’n verskil in die samelewing te maak.

Dit was met hierdie insig dat die Let’s Play-projek in November 2005 gestig is – met die doel om bewustheid van ons maatskaplike situasie te verhoog en speel, fisieke aktiwiteit en sport in skole aan te moedig.

Vir meer inligting kontak Lynne by Z PR by 051-522-9574 of stuur ’n e-pos na supersport@zpr.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.