Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stilbly soms beter

Dawid wroeg in Ps. 39 met die Here, oor die invloed wat goddeloses in sy lewe het. Hy maak dan die gevolgtrekking dat dit beter is om eerder stil te bly, want as hy sou praat, sou hy dalk teenoor God en mense sondig.

Vers 4 sê wel dat hy net moes praat, want die opkrop van emosies het sy hart gebrand.

Tog het Dawid vir my en jou ook die regte les geleer deur wroeging eerder na God te neem.

Nee, hy doen nie dit wat ek onlangs in ’n lang ry by die lisensie-kantoor beleef het nie, toe mense oor die onbeholpenheid van die personeel aan die vloek en skel gegaan het.

Lanklaas was ek so skaam vir mense se optrede. Ek het heeltyd gedink aan wat Dawid in Ps. 39 sê, wat trouens in Amos 5:13 eggo: Dit is daarom dat ’n verstandige mens maar stilbly in hierdie tyd, want dit is ’n bose tyd.

Dawid leer ons nog ’n belangrike waarheid in hierdie Psalm, naamlik dat dit sinnelose vermorsing van kosbare tyd en energie is om vir mense kwaad te word. Hy sê in vers 6 ons lewe is maar ’n handbreedte lank (soos dit letterlik in die Hebreeus staan).

Dit was die korste maat waarmee die Jode iets gemeet het, vier vingers, en nou gebruik hy daardie beeld om oor verganklikheid van sy lewe te praat. Dit is so kort – waarom dit mors op kwaadpraat en kwaad wees.

Ons kan dié les nie goed genoeg by Dawid leer nie: Mag die Here ons leer wanneer stilbly beter is, en wanneer dit waarmee ek in my hart worstel, moet uitkom sodat ek dit vir die Here gee – en nooit in die straat teenoor ander mense laat hoor nie.

  • Weideman is leraar aan die NG kerk Kroonheuwel-Noord, Kroonstad.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.