Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stof jou droom af

Terwyl ek die naweek met my kamera om die nek loop – soos ek gereeld by geleenthede doen – tik ’n jong meisie my op die skouer en beduie na ’n bankie ’n entjie weg waar ons moet gaan sit.

Sy wil iets met my deel.

“Ek sien jy neem foto’s. Ek het besluit ek wil eendag ’n fotograaf wees, want ek het ’n talent om vir mense te wys hoe hulle op foto’s moet staan,” sê sy.

Haar oë blink terwyl sy met my gesels, gretig om meer te leer van die kamera om my nek.

Ons almal het ’n droom. ’n Bemoedigende toekomsprentjie wat ons gedagtes, wil en emosies aanvuur.

Die lewe kan maar saai wees as jy nie gereeld vir jouself doelwitte stel nie.

Dit gee jou daardie ekstra motivering om ’n dag van roetine en verantwoordelikheid aan te pak.

Ons word soms deur ons ouers, skole, gemeenskap, vriende of familie gekondisioneer om ons drome binne die perke van die werklikheid te hou.

Ek dink as dit by droom kom, hoef jy nie realisties te wees of veilig te speel nie.

As jy groot droom en jy slegs die helfte daarvan bereik, bereik jy steeds veel meer as wanneer jy jouself sou beperk.

Gaan tel weer jou droom op en stof dit af.

Dit maak nie saak hoe klein of hoe groot dit is nie, dit is moontlik om jou droom te verwesenlik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.