Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stories gee hoop vir SA

Ek lees verlede week oor die nuwe Facebook-groep met die naam #ImStaying wat sowat drie weke gelede gestig is en nou reeds meer as 340 000 lede het.

Volgens die groep se beskrywing, is dit vir alle Suid-Afrikaanse mans en vrouens van alle rasse en agtergronde wat lojaal aan die land bly en steeds glo dat ons as ’n nasie sake kan omkeer.

“Die groep behoort aan almal wat bereid is om ’n positiewe verskil te maak,” lui die beskrywing.

Op dié blad word daar verskeie positiewe stories oor gewone mense gedeel wat mense laat goed voel oor ons land.

’n Vrou deel haar ervaring van hoe sy haar handsak in ’n stootwaentjie by ’n winkelsentrum gelos het. Sy het nog dieselfde dag haar handsak, met al haar geld, selfoon en belangrike dokumente, teruggekry nadat ’n sekuriteitswag dit ingehandig het.

“Die man het my geloof in ons land herstel,” skryf sy.

Nog ’n lid van die groep sê hulle is op soek na ’n man wat hul dogtertjie met ’n splinternuwe fiets geseën het vir Kersfees nadat hul dit waarskynlik nie sou kon bekostig nie. “Dit is waarom ek bly,” sê sy.

Ek het ook vandeesweek besluit om by die groep aan te sluit, want ek bly net hier.

Dié stories laat my weer glo in die goed wat wel nog in ons land bestaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.