Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stories het ’n prys

Die storie het eenkant gelê. Tussen ’n klompie ander op ’n spesiale aanbieding. Ek het dit opgetel, wou weet wat dit kos.

Die storiesmous het omgedraai.

“Nee wat, daardie ene kan jy maar vat; niemand stel belang nie.”

Ek het die storie bekyk. Dit was besig. Baie letters, baie woorde, baie klagtes, te veel gedagtes. Ek het dit teruggeplaas. Selfs kosteloos wou ek dit nie hê nie.

Ek het die meeste ander stories op die spesiale aanbieding bekyk. Die temas was deurlopend dieself- de. Onreg, veronregting en ’n deurlopende leitmotiv: klagtes oor situasies waaraan die karakters niks kon doen nie.

Teen die gemiddelde prys was daar baie stories. Hulle het bladsy-dae van opeenvolgende verveling en doellose dwaling bewaar. Die karakters het voortgeploeter na slothoofstukke. Nie so baie klagtes nie; maar so min lewe.

Dan was daar die duursame stories. Hul asemhaling rustig, hul energie driftig en aksies gefokus. Maar die pryse was hoog.

Hierdie stories kan ’n mens nie sommer net koop nie; jy moet bereid wees om te dink, te werk, te spaar, te leer en te waardeer.

Daar is wel een konstante: Die karakters. Hulle aanvaar uitdagings, staan moedig teen wat verkeerd is, en besweer hul grootste twyfel.

Die storiesmous was besig. Daar was rye mense met storietjeks wat goedkoop of gemiddelde stories wou koop.

Ek het lank gewag voordat ek sy aandag kon trek; want ek was geïnteresseerd om uit te vind wie die mense was wat die duursame stories kon bekostig. Wat het hulle anders gedoen?

Die storiesmous het na my vrae geluister. ’n Rukkie gedink, en geantwoord: “Goeie stories gaan nie oor wat jy kan bekostig nie; maar oor jou keuses.”

Ek het daaroor nagedink en toe weggestap. Dit was eers laat die aand dat ek besef het dat hy vir my ’n waardevolle storie gegee het. En die koste is my keuse.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.