Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Suid-Afrikaners kan wel saamstaan

Hoe verwerk ’n mens die angs in ’n vriend of familielid se stem en die noodkreet wat jy oor die telefoon hoor wanneer hulle bel omdat hul lewe in gevaar is?

Die meeste van ons kan ons maar net indink in dié situasie waarin soveel Suid-Afrikaners onlangs gedompel is – magteloosheid spoel sekerlik oor jou en jy glo dat genade van Bo en ’n wonderwerk die enigste ingryping kan wees.

Die wintervakansie-wegbreek waarna mense uitgesien het in die hoop om van die uitmergelende pandemie se houe te ontsnap, het in ’n traumatiese belewenis ontaard, veral in KwaZulu-Natal. Dit was ’n nagmerrie wat by baie nog lank gaan spook.

Besoekers is tydens die oproer in KwaZulu-Natal vasgekeer en moes ekstra uitgawes aangaan om daar te bly ter wille van hul veiligheid.

Motoriste wat probeer het om die oproer te ontvlug, is met klippe bestook, en omkoopgeld is met wreedaardige oë en dreigemente geëis. Oproeriges het sonder skroom gesê dat die motorbestuurders en passasiers aangerand sou word indien hulle nie aan eise gehoor geen nie.

Mense wat mediese hulp benodig het, se lewe het aan ’n draadjie gehang weens ’n gebrek aan vrye beweging. Babas was sonder melk en doeke.

Paniekoproepe na radiostasies en koerante is gemaak – met fone wat aanhou lui, want dié mense was ook nie op kantoor nie.

So magteloos as wat dit gevoel het, het mense van oraloor ingespring, vliegtuie vol kos gelaai en planne gemaak om mense per vliegtuig uit die gebied te ontruim en veilig tot by die huis te bring.

Dokters het mense per telefoon konsulteer en bygestaan.

Dit was in hierdie stadium dat dit my getref het dat slegs ’n klein persentasie van die land se bevolking nie kan saamstaan nie.

Die res het almal dadelik kos ingesamel, help opruim en alles in hul vermoë gedoen om hulp aan die rampgebiede te verleen. Brode is gebak, vars vrugte en groente is aangery en vragmotors met noodvoorrade is een vir een in die rampgebiede verwelkom.

Suid-Afrikaners kán saamstaan, en mooier stories kom hieruit as die nuusberigte oor die klein persentasie van die bevolking wat voortdurend onmin wil saai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.