Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Suster vir sorg aan kankerlyers onthou

’n Geliefde verpleegkundige, een van Kroonstad se staatmakers en ’n “engel van die gemeenskap”, het haar stryd teen kanker verloor.

Sr. Adri van Heerden (74) is op Donderdag 27 Augustus dood aan die siekte wat sy en die Northern Free State Caregivers (NFSCG) jare lank beveg het.

Felicity Combrinck van Kroonstad het 13 jaar gelede ’n visie gehad om ’n omgee- en tuisversorgingsgroep, die NFSCG, te begin. Sy het suster Adri in dieselfde jaar ontmoet, en saam het hulle met die opleiding van tuisversorgers begin. Dit was hul mikpunt om mense met kanker met die beste tuisversorging, liefde en omgee te bedien. Vyf jaar nadat die organisasie gestig is, het sr. Adri haar by die NFSCG aangesluit.

Die NFSCG behartig werk in die onkologiekliniek in Kroonstad. Sr. Adri het hier met sorg chemoterapie aan pasiënte toegedien, en was die pasiënte se steunpilaar.

Haar afsterwe laat nie net by die organisasie nie, maar ook by die breë gemeenskap, familie en vriende, ’n groot leemte.

“Sy was ’n merkwaardige vrou wat baie liefde, deernis en soveel empatie as bekwame verpleegkundige uitgestraal het. Sy het met ’n glimlag bly veg,” sê Combrinck.

Sr. Adri word deur haar man, Tobias, en haar kinders, Tobie, Esta, Elmarie, Theo en Sarah, oorleef.

Madli Grobbelaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.