Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Swemmers op droë grond

Skolesport is vir die res van die jaar uitgestel of afgestel. Swem word ook hierdeur geraak en swemmers is vir eers op droë grond.

Swem op skoolvlak slyp lewensvaardigheid en bied ’n genotvolle ontwikkelings­grondslag, sê Anell Werth-Landmann, voorsitter van die Thabo Mafutsanyana-skoleswemdistrik, wat ook haar eie vier kinders afrig.

Vrystaat Nuus/News het Werth-Landmann gevra om te ver­duidelik hoe skoleswem gestruk­tureer is.

Daar is verskeie verskille tussen skoleswem en klubswem in terme van registrasie, registrasiekoste en kompetisie, sê Werth-Landmann.

’n Skoolswemmer hoef nie by ’n klub te registreer nie, maar moet slegs as skoolswemmer registreer.

Skool-geregistreerde swemmers kan aan alle distriksgalas (Februarie), die Vrystaat-interdistrikskolegala (Maart), provinsiale galas (Oktober), asook alle ontwikkelingsgalas, deelneem.

Tydens die amptelike Vrystaat-skolegala, wat gewoonlik in Oktober plaasvind, word die Vrystaatskolespan gekies. Alle skoolswemmers wat in ag geneem wil word vir die Vrystaatskolespan moet op hierdie gala teenwoordig wees.

Swemmers neem aan hul vyf sterkste nommers deel, verduidelik Werth-Landmann.

Van swemmers word vereis om nie net ’n plek te behaal nie, maar ook ’n kwalifiseerende tyd.

Alle swemmers in eerste plekke, met kwalifiserende tye, word dadelik op die spankeuselys geplaas. Swemmers in tweede plekke word ook in ag geneem.

Skoleswem maak voorsiening vir ontwikkeling en geklassifiseerde swemmers wat hierdie geleenthede met harde werk benut en ondervinding opbou.

  • Alan Fritz, Swem Suid-Afrika (SSA) se president, het Maandag (27/07) aan netwerk24.com gesê die beheerliggaam is van mening dat die vinnige verspreiding van Covid-19 in die land hulle verhoed om byeenkomste aan te bied.

“Ons hoop om in middel Augustus te kan sien na watter kant toe die virus beweeg,” sê Fritz.

“Ons oogmerk is om in September met kortbad-byeenkomste te begin en dan wil ons kyk watter byeenkomste ons vir die res van die jaar kan reël.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.