Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Talent bekoor

Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem se kultuuraand, wat op Dinsdag 4 September gehou is, was ’n kragtoer van talent.

Van die talle hoogtepunte op dié aand, met ’n verskeidenheid van aanbiedinge van onder meer dans, klavierspel op die vleuelklavier, elegante balletbewegings en spraak en drama, was die uitvoering van die klavierkonserte uitsonderlik.

Beate Boshoff het met die uitvoering van Debussy se “Feux d’artifice” ’n staande toejuiging van waardering ontlok.

Steven Sacht-Luwes het die gehoor met Rachmaninoff se “Elegie” betower.

Dane van Graan het in haar wit rok ’n oortuigende voordrag van Balakirev se “Skylark” gespeel.

Dansers was die verhoog vol met moderne dans, klopdans en ballet en het kleur aan die aand verleen.

Die Laerskool Truida Kestell se panfluit-ensemble, onder leiding van Jenny Reed, het as gaskunstenaar opgetree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.