Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Titel verwoord verlange

Clarens was skrywer Elsabe Steenberg se hartsplek en dit is waarom die boek Waar rats die ribbok gaan . . . – Briewe van Elsabe Steenberg, Saterdag (04/08) in Clarens bekend gestel is.

Die boek is ’n briewebundel wat korrespondensie van Elsabe aan haar jarelange vriendin, Elizabeth Venter, bevat. Elizabeth en Elsabe was sedert studentejare vriende en later het hulle en hul gesinne graag in Clarens saamgekuier waar die Steenbergs ’n vakansiehuis gehad het.

Sarel Venter, voormalige adjunkredakteur van Volksblad, het die boek saamgestel.

Elsabe was ’n bekende in Clarens en inwoners het haar in 1984 in ’n spesiale stoel tot op Berg Horeb gedra. Elizabeth vertel Elsabe wou net kyk toe sy bo kom, sy wou niks sê nie. Ds. Francois Brink, een van die stoeldraers, was ook by die bekendstelling. Hy vertel dat die tog teen die berg op vir hulle net so ’n belewenis soos vir haar was.

Sarel vertel dat hy die titel van die versameling só gekies het omdat dit Elsabe se hunkering en versugting om weer te kon loop en op hoë plekke te kom, verwoord.

By die bekendstelling het Elizabeth kosbare herinneringe van haar vriendin gedeel.

“Sy was ’n verskriklike gevoelvolle en sterk mens. Sy het haar nie laat onderkry deur haar siekte nie,” vertel Elizabeth.

Elsabe skryf in haar briewe oor MS, waaraan sy dekades gely het, dat die “gog” haar nie gaan onderkry nie.

“Met genoegsame genade sal ek jou nie toelaat om die kern van dit wat ek is, aan te tas nie. Eerder sal jy my sterker maak, ’n verbete vegter, ’n dankbare mens. Maar onderkry? O nee, onderkry sal jy my nie!”

Sarel vertel dat Elsabe ongeag swaarkry soveel humor in haar skryfwerk kon deurgee.

“Selfs in donker tye het sy reggekry om oor iets te kan lag.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.