Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Toekoms lê in vernuwing

In ’n oogwink het die lewe verander.

Ondernemings word minder, en danksy tegnologie werk die meeste ondernemings reeds met minder personeel.

Daarom ontstaan die vraag: As almal nou slegs op tegnologie aangewese is, wat gaan van die mensdom word? Waar gaan almal wat reeds hul werk verloor het, weer werk kry?

Reeds voor die pandemie het die land met werkloosheid gesukkel. Wie gaan vir die miljoene skoolgaande kinders werk skep? Almal is nie bekwame entrepreneurs nie, en entrepreneurs sal ook nie al die werkloses van werk kan voorsien nie.

Dit is die jeug se probleem, wat inderwaarheid die land se probleem is – want die jeug is die land se toekoms. ’n Toekoms wat tans baie duister lyk.

Hoe lank nog voordat die regering wakker skrik en besef dat ingryping nodig is? Of gaan hulle net weer maak asof die probleem nie bestaan nie?

Ons moet leer om vernuwend te dink.

Anoniem,
Kroonstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.