Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Toernooi bevorder rugby

Baie welkom by die vyfde Jordania-Witteberg-rugbyweek in Bethlehem, in die hartjie van die pragtige Oos-Vrystaat.

Vyf jaar gelede het ons by Jordania ’n droom gehad om ons eie rugbytoernooi aan te bied. Die doelwitte van daardie tyd is steeds van pas: ’n Bekostigbare, goed-georganiseerde toernooi met goeie kompetisie, waar ons vriende op en van die rugbyveld maak.

Baie welkom aan al die besoekende skole en ouers van Fichardtpark (Bloemfontein), Protearif (Krugersdorp), Standerton, Universitas (Bloemfontein) en Vaalpark (Sasolburg).

Ons bedank graag vir Paul Olivier van Konica Minolta Bethlehem wat weer hierdie jaar as die hoofborg van die toernooi optree. Baie dankie vir jul reuse-bydrae om die week moontlik te maak.

Die rugbyweek sou nie sonder die ondersteuning van die volgende mense of instellings moontlik gewees het nie:

  • Die spelers wat dit geniet om rugby te speel.
  • Skoolhoofde en afrigters wat kinders geleenthede bied en die spel van rugby leer.
  • Ouers, grootouers en ondersteuners wat dit vir die spelers moontlik maak om aan die rugbyweek te kan deelneem.
  • Skeidsregters wat ’n onbaatsugtige diens lewer en waarsonder geen wedstryd kan plaasvind nie.
  • Die Hoërskool Witteberg wat hul geriewe en koshuise aan ons beskikbaar gestel het.
  • Die personeel van die Laerskool Jordania vir hul harde werk met die organisering van die rugbyweek.
  • Konica Minolta Bethlehem wat as hoofborg en o.13A-borg optree.
  • Baie dankie aan al die ander borge wat van groot hulp is om die toernooi ’n werklikheid te maak.

Geniet die tyd hier, verbeter jou rugby, maak nuwe vriende en onthou om altyd die eer vir jou voorregte en talente aan ons Hemelse Vader te gee.

– Dr. André Smith, skoolhoof

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.