Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Troeteldier-welstand elkeen se plig

Elke diere-eienaar is verantwoordelik vir hul hond of kat se gesondheid, sê Marius Dreyer, bestuurslid van die DBV in Bethlehem.

“Dis elkeen wat ’n dier of troeteldier besit se plig om na die welstand van sy dier of troeteldier om te sien en dié diere goed te versorg.”

Volgens Dreyer word sterilisering aanbeveel omdat diere wat nie gesteriliseer is nie geneig is om rond te loop. Dit kan daartoe lei dat hulle deur voertuie raakgery word of in gevegte met ander diere betrokke raak.

Dit is ook belangrik dat troeteldiere (katte en honde) die aanbeveelde inentings kry, sê Dreyer.

“Katte en honde moet op drie maande teen honds­dolheid ingeënt word en dan ’n maand later weer met ’n skraagdosis – daarna elke drie jaar.”

Dreyer sê troeteldier­eienaars moet ook seker maak dat hul dier gereeld ontwurm word en sonder bosluise is.

“Bosluise veroorsaak bosluiskoors en diere kan binne ure doodgaan as hulle nie dadelik behandel word nie,” sê Dreyer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.