Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tuiniers kan kies om ’n habitat-held te wees

Helde kom in baie vorms – mense wat veg vir geregtigheid, plante wat die tuin in die skraal wintermaande ophelder en habitat-helde wat die omgewing beskerm.

Nelson Mandela sou op 18 Julie sy verjaardag gevier het. Hy was ’n held vir ons land en is al op verskeie maniere vereer.

In die planteryk is daar ’n protea, orgidee, kraanvoëlblom en roos wat sy naam dra. In 2018 is ’n tweede roos wat na hom genoem is, bekend gestel om die geleentheid te vier wat sy 100ste verjaardag sou wees.

Planthelde

Ons is dankbaar vir planthelde wat die koue trotseer en broodnodige kleur en vorm in ons wintertuine verskaf.

Een van die eerste plante wat in die winter blom, is nieskruid.

Kultivars van Helleborus orientalis het effens hangende, kelk­vormige, wit, pienk, room- of pruimkleurige blomme.

Plant dit in gedeeltelike skadu in waterhoudende grond.

Ericas, speldekussings, proteas en aalwyne is ook helde in ons wintertuine, met hul pragtige blomme wat nektarvreters lok.

Coleonema pulchellum, met sy groen of goue naaldvormige loof, dra van die winter tot vroeg in die somer pienk of wit blomme met ’n soet geur.

Die inheemse blinkblaar (Rhamnus prinoides) is ryp­bestand, met blink immergroen loof en klein, rooi bessies wat voëls lok. Dié boom kan ook gesnoei word om ’n skerm te vorm.

Konifere beskut gevoeliger plante in koue wintertuine. Hulle is immergroen en kom in verskillende vorms – kolomme, pira­mides of spreidend, met groen, goue of grys loof.

Strooi insekdoderkorrels rondom die stamme teen sipresluise.

Habitat-helde

Jy kan ’n habitat-held wees deur plaaslike plante vir jou tuin te kies, van chemiese misstowwe en plaagdoders weg te bly en indringers uit te haal.

Skep lae deur hoë bome te plant vir ’n kroondak, plant struike daaronder en nektar- en stuifmeeldraende blomme wat voëls, skoenlappers, bye en ander insekte as bestuiwers lok.

Hierdie gelaagdheid in ’n tuin bied ook skuiling en kos aan voëls en ander klein diere en insekte.

Kay Montgomery, Tuis

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.