Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee by dam oorval

’n Gewapende rooftog waarin ’n man selfone en kontant wou steel, het skeefgeloop toe hy in die voorval doodgeskiet is.

Pakiso Joseph Sibeko (39) is Saterdag (16/11) omstreeks 19:00 in Pretoriuskloof, Bethlehem, doodgeskiet nadat hy vroeër twee ander mans by die Loch Athlone-damwal probeer beroof het.

Dié mans, wie se identiteit aan Vrystaat Nuus/News bekend is, maar weens veiligheidsredes weerhou word, het in ’n boot op die dam visgevang toe hulle ’n verdagte man in die bosse aan die La Provence-woonbuurt se kant gewaar.

Hulle het dadelik veiligheidsgroepe in kennis gestel.

Terwyl die mans op die damwal gestaan en met iemand oor die foon gepraat het om hulp te ontbied, het hulle gehoor hoe ’n vuur­wapen agter hulle oorgehaal word.

Die man het dié selfoon waarmee hulle gebel het, by hulle geroof.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het twee vriende van die slagoffers opgedaag en die verdagte probeer keer, wat in die rigting van Pretoriuskloof gehardloop het.

“Hy het na bewering sy vuurwapen op die mans gerig, waarna hy deur een van die slagoffers se vriende doodgeskiet is.

“Hy is op die toneel dood verklaar. Die gesteelde selfoon is in sy besit gevind.”

Jurgens Exley van Wulf Alarms sê hulle het ’n sterk vermoede dat die oorledene een van die verdagtes is wat van 15 Junie tot 16 November vanjaar by tien rooftogte in Eureka, Bethlehem-Wes en die Loch Athlone-damwal­gebied betrokke was.

“Ons is egter nog nie gerus nie,” sê Exley.

“Ons weet dit was twee mans wat baie keer saamgewerk het.”

Makhele sê dit word steeds ondersoek of Sibeko wel met die sake verbind kan word.

Volgens Makhele word ’n saak van moord ondersoek.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.