Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Twee ongelukke oor naweek eis vyf lewens, vier beseer

Twee ernstige motorongelukke in die Oos-Vrystaat het die naweek tot vyf sterftes en talle beserings gelei.

Twee voertuie het Sondag (03/02) omstreeks 01:30 reg van voor op die R26 tussen Reitz en Bethlehem gebots.

Kapt. Zweli Mohobeleli, polisiewoordvoerder, sê ’n Toyota Tazz en ’n Opel Corsa was by die ongeluk betrokke.

Die bestuurder (29) van die Corsa is op slag dood. Die ander drie passasiers in dié voertuig is met ernstige beserings na die Dihlabeng-hospitaal geneem.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, sê die name mag nie bekendgemaak word voor al die naasbestaandes nie ingelig is nie.

Die bestuurder van die Tazz, wat alleen gery het, is ook hospitaal toe geneem.

  • ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek. Drie mense is Vrydagoggend (01/02) in ’n botsing reg van voor op die R70 tussen Senekal en Ventersburg dood, sê kapt. Phumelelo Dhlamini, ’n polisiewoordvoerder.

Dié drie mense is Meshack Hlatshwayo, Bongani Prince Msomi en Nhlanhla Siphamandla Ncobo.

Nog ’n insittende, Ngibukelaphansi Ntshangase, is ernstig beseer en met lugdienste na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein se trauma-eenheid vervoer waar hy later aan sy beserings oorlede is.

Mvambi moedig die publiek aan om kontak te hou met hul geliefdes en om na hulle te begin soek wanneer ’n persoon vir langer as 48 uur spoorloos verdwyn het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.