Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uitsteltroue eindelik baie

Die Covid 19-pandemie kon nie hul liefde vir mekaar demp nie – ook nie hul besluit om ondanks die staat van inperking voor geliefdes ewige trou aan mekaar te beloof nie.

Louis Vorster en Minkè Schlebusch (albei 23) se groot dag verlede week (17/06) buite Bethlehem, het bykans drie maande ná hul aanvanklike troudatum aangebreek.

Met net 20 gaste, waaronder oupas, oumas, ouers, boetie, sussie, beste vriendinne en naaste mense, is mnr. en mev. Vorster getroud – op die ysigste dag van die winter tot dusver.

Die seremonie is in die Lavender Hill-gastehuis buite die dorp se kapel gehou en daarna is in Minkè se ouerhuis gekuier.

Die Vorster-egpaar sou aanvanklik op 28 Maart vanjaar trou, vertel Minkè se ma, Lezanne Schlebusch van Bethlehem.

“Hulle het op 11 Mei verlede jaar verloof geraak nadat hulle albei klaar gestudeer het. Die groot beplanning aan die troudag het vinnig begin.

“Minkè se pa (Lourens) werk in die buiteland en die troue moes rondom sy toere beplan word.”

Als was gereël en betaal. In dieselfde week van die troue kom die nuus toe van die nasionale staat van inperking, wat die dag voor hul groot dag van krag geword het.

“Daar is emmers en emmers vol gehuil en gebid dat ’n wonderwerk sou gebeur en dat hulle vinnig kon trou. Dit was toe nie so bestem nie.”

Op 11 Junie het Minkè vir haar ma gesê dat die Here dit op haar hart druk dat hulle nie langer moet wag nie. Ook dat die glans en swieren baie mense (by die troue) eintlik nie so belangrik is nie – dit is tog ’n verbintenis tussen hulle en God.

Danksy harde werk is Minkè se ouerhuis in ’n kort tydjie in iets uit ’n feëverhaal omskep, sê Lezanne.

Minkè en Louis, die seun van Dalene en wyle Johan Vorster, het mekaar as eerstejaarstudente aan die Noordwes-Universiteit (NWU) in Potchefstroom ontmoet. Met hul eerste afspraak, vertel Lezanne, het Louis nie genoeg brandstof in sy motor gehad om Minkè uit te neem nie.

“Hy het toe ’n vriend se kar geleen. Wel, dit het die ding gedoen.”

Mnr. en Mev. Vorster het hulle in Bethlehem gevestig en was Vrydag (19/06) terug by die werk. Hulle sou niks verander nie, sê hulle, al is die wittebrood vir eers op ys.

Daar is emmers en emmers vol gehuil en gebid dat daar ’n wonderwerk sou

gebeur en dat hulle

vinnig kon trou.

Dit was toe nie so bestem nie.

– Lezanne Schlebusch

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.