Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vasgetrekte rowers oortree glo voorheen

Nege mans wat vermoedelik by ’n huisrooftog en plaasaanval betrokke was, is deur die polisie in Marquard aangekeer.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, sê speurders en lede van die polisie se taktiesereaksiespan het Donderdagoggend (19/03) inligting opgevolg en die mans vasgetrek.

Hulle word daarvan verdink dat hulle Gillian van Rensburg (77) op 5 Maart in haar huis op die plaas Trommel aangeval en van twee vuurwapens, patrone, skoot­rekenaars en juweliersware beroof het.

Van Rensburg se dogter het by die huis opgedaag, waarna die mans gevlug het.

Die mans word ook van ’n inbraak op die plaas Silas op 1 Maart verdink.

Hul huise is deursoek en die polisie het 135 patrone, ’n rewolwer, ’n pistool en nog vermoedelik gesteelde goedere gevind.

Makhele sê drie van die mans word van verkragting aangekla. Dit hou verband met ’n twis oor van die artikels wat gesteel is. Die mans het blykbaar gestry, waarna drie hul een makker se vriendin na bewering verkrag het.

Drie van die mans word van huisroof aangekla, een van inbraak, twee vir die besit van ’n onge­lisensieerde vuurwapen en drie van verkragting.

Hulle verskyn binnekort in die hof.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.