Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veelsydigheid sy ster(k)punt

Jaydin Nel (15), ’n gr. 9-leerling aan die Höerskool Witteberg in Bethlehem, is as die Maart-wenner van Vrystaat Nuus/News en Let’s Play se Sportster van die Maand-kompetisie gekies.

Hy is ’n veelsydige presteerder in tweekamp, driekamp en hokkie.

Jaydin is drie jaar agtereenvolgens vir die Vrystaatse tweekamp- en driekampspan gekies.

Hy is ook vir die derde keer gekies om in die Suid-Afrikaanse Driekamp-kampioenskapsbyeenkoms deel te neem.

Hy het in die vorige twee byeenkomste ’n derde plek in tweekamp én driekamp behaal.

waarin die volgende prestasies behaal is die afgelope twee jaar: vir driekamp en tweekamp het hy derde plekke verower tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

Driekamp Suid-Afrika het Jaydin genooi om in Maart ’n ontwikkelingskamp ná afloop van die Afrika-kampioenskapsbyeenkoms by te woon.

Die Hoërskool Witteberg het hom met vol-erekleure vir tweekamp en driekamp vereer.

Jaydin geniet dit ook om hokkie te speel en speel vir sy skool se o.16A-span, wat verlede jaar derde in die Vrystaat geëindig het.

  • Meer oor Let’s Play:

Oor die afgelope paar jaar is SuperSport het homself as sportgesag in Suid-Afrika gevestig.

Met so ’n sterk sportinvloed in die Suid-Afrikaanse mark, is SuperSport perfek posisioneer om die publiek en maatskappye te bemoedig om ’n verskil te maak.

SuperSport het opgemerk dat daar groot probleme bestaan wat die ontwikkeling van kinders strem, omdat vaardighede wat deur speel, liggaamlike opvoeding en sport geleer word, ernstig ontbreek.

Juis daarom is die Let’s Play-projek in November 2005 gestig, met die doel om speel, fisieke aktiwiteit en sport in skole en by leerlinge aan te moedig.

Vir meer inligting, bel Lynne Landman of Juanré Viviers by 051-522-9574 of stuur ’n e-pos na supersport@zpr.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.