Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veerpyltjiespel by klub vanjaar in die kol

Die Highlands-veerpyltjieklub in Bethlehem het Saterdag (08/12) sy spelers wat deur die jaar uitgeblink het, vereer.

Hoewel die klub nog nie lank bestaan nie, het hy ’n suksesvolle jaar met talle hoogtepunte beleef.

Dit sluit in dat die eerste span die Oos-Vrystaatse skild-eerbewys verower het en die tweede span die plaat-kompetisie se eindstryd gewen het.

Marius van Heerden is as die mansspeler van die jaar aangewys en het ook ’n trofee ontvang vir die ses 180-tellings wat hy in die jaar gegooi het. Nanette Venter is as die vrouespeler van die jaar aangewys.

Johann Williams het die trofee ontvang vir die hoogste toemaak-telling (118) wat in die veer­pyltjieseisoen gegooi is. Williams het ook ’n eerbewys ontvang vir die 171 punte wat hy in die seisoen gegooi het.

Jennifer Williams is as die speler van die jaar in die junior afdeling aangewys.

Reinette van Heerden het ’n trofee ontvang vir die “cherry”-toemaak (66) wat sy in die veerpyltjieseisoen gegooi het.

Lindiwe Mokoena is as die mees belowende nuwelingspeler van die klub aangewys.

Dié klub se beste ondersteuners was Gerrit Steenkamp en Annelie Steenkamp.

Clive Drewry het die Chompie-trofee ontvang, vir die persoon wat spottenderwys die grootste mond in die klub het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.