Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veg verskeie medaljes los

Karatekas van die Bethlehem­karateklub het goed presteer tydens Karate Suid-Afrika se League-kampioenskapsbyeenkoms op Saterdag 5 Mei in Bloemfontein.

Die toptien van elke afdeling kon hulle vir die byeenkoms inskryf.

Nathan Helm en JP Bosman het medaljes in die kata-afdelings verwerf. Nathan het ’n silwermedalje vir die ouderdom 12 tot 13 jaar verwerf en JP ’n bronsmedalje vir o.21-mans.

Vyf karatekas het medaljes in die kumite-afdelings verwerf.

Wian Viljoen het in kumite vir seunskadette (eie gewig) ’n silwermedalje gewen en Thabo Kubheka ’n goue medalje in dieselfde afdeling.

Omphile Molahloe het ’n silwermedalje in kumite vir seunskadette (eie gewig) verwerf. Bradley Mapp het in kumite vir junior seuns (eie gewig) ’n bronsmedalje gewen.

Corne du Preez het ’n silwermedalje in kumite vir o.21-meisies (eie gewig) ingepalm.

Kumite word in geslag, ouderdom en gewigsgroep verdeel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.