Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veiligheid hier nodig

Etlike dae nadat die mediese fakulteit van die Universiteit van die Vrystaat vir ’n paar dae die opleiding van sy studente by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein gestaak het, word die opleiding weer hervat.

Dit kom nadat twee vroulike dokters in een week by dié hospitaal aangeval is.

Ná gesprekke met die gesondheidsdepartement het die UV weer ingestem dat studente daarheen terugkeer. Die universiteit is tevrede met die veiligheidsingrypings wat in plek gestel is en die situasie sal gemonitor word.

In die eerste geval is ’n 24-jarige dokter verlede Dinsdagaand (04/06) byna deur ’n man in die hospitaal verkrag. Nog ’n vroulike dokter is glo Saterdag (08/06) in die vroeë oggendure deur drie gewapende mans in die parkeerterrein van die hospitaal aangeval en van haar selfoon beroof.

Sowat ses jaar gelede het ek, mede-klasmaats en meisies wat saam met my in die koshuis was, ook praktiese ure by dié hospitaal gedoen. Só iets kon met enigeen van ons gebeur het.

My gedagtes gaan uit aan al die personeel wat in vrees moet leef oor wanneer daar weer ’n voorval gaan plaasvind. Mag ernstige veiligheidsmaatreëls in plek gestel word sodat personeel hul werk in vrede kan doen. Niemand moet onveilig by die werk voel nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.