Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veiling lewer groot pryse op

Die Kaallaagte-boere­vereniging se jaarlikse prestige-vetveeveiling is Donderdag (02/08) gehou.

“Ons is ’n boere­vereniging waarmee enigeen hulle kan vereenselwig. Ons is ’n nie-winsgewende vereniging wat terugploeg in die gemeenskap,” het Kobus Brand, voorsitter, gesê.

“Ons is by aftreeoorde in Paul Roux en by skole in Bethlehem se minder bevoorregte kinders betrokke.”

Verskeie pryse was die aand op die spel.

Hanroux Roux, ’n jong seun van Bethlehem, het vir sy belangstelling in plaasdiere die jeugprys gewen.

Fanie Nyambose is as die jongboer aan­gewys, en Molefe Nyambose as die ontluikende boer.

Pryse was vir onder meer die duurste A-graad-, B-graad- en C-graad-slagos, asook die duurste slagverse, op die spel.

Boere het ook pryse vir die duurste groepe speenkalwers, asook stoor- en slaglammers, en slagkoeie gewen.

Bremer Swanepoel is as die grootste verkoper met skape aangewys.

Brand het die hoogste omset vir die dag behaal en was ook die grootste verkoper met beeste.

Die BG Meyer-trust het die hoogste omset vir die boekjaar getoon.

  • Terwyl die veiling aan die gang was, het ’n brand op een van die omliggende plase, Damplaas, uitgebreek.

“Ons het vandag besef hoe klein ons as mense is en hoe magtig God is. Ons moet by ons buurmanne staan,” het Brand gesê.

“Dit was bemoedigend om te sien hoe mense mekaar help.”

Volgens Johan de Swardt, eienaar van Damplaas, was die oorsaak van die brand ’n oop vuur wat op sy buurplaas gemaak is om vullis te verbrand.

“Die wind het die brand laat versprei en ons kon niks doen om dit te keer nie,” het De Swardt gesê.

Sy hele plaas, sowat 480 ha, het afgebrand.

“Ons kon gelukkig die vuur om die plaashuis en krale weghou.”

De Swardt is dankbaar teenoor die Here en glo alles werk ten goede vir dié wat Hom dien. Iemand het reeds uit Potchefstroom gebel om 50 bale voer te skenk. Nog iemand skenk 30 bale, en iemand uit Pretoria skenk 100 bale.

“Die Here voorsien,” het De Swardt gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.