Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verander nou jou manier van dink

“Baie van ons koppel sukses aan geld en materiële goed, maar sukses gaan juis oor dit wat geld nie kan koop nie. Ware rykdom is dit wat geld nie kan koop nie,” sê Wouter Snyman, uitvoerende bestuurder van Attooh!

Snyman het Woensdag (04/07) ’n toespraak by dié onderneming se funksie in Bethlehem gelewer.

“Om ’n uitsonderlike lewe te lei, verg iets ekstra. Jy moet bereid wees om iets ekstra te doen. Hoekom is jy nog nie daar nie?” sê hy.

Om ’n suksesvolle entrepreneur te wees, moet ’n mens waarde toevoeg. Dit is een van die vernaamste eienskappe van die mees suksesvolle entrepreneurs.

“Die lewe kan jou opfrommel, maar dit bring geen verandering aan jou waarde nie,” sê Snyman. Hy het dit gesê terwyl hy ’n R100-noot opgefrommel het om te wys dat die waarde van die noot steeds dieselfde is.

“Die uitdaging is om selfwaarde aan ander te demonstreer. Wat is die waarde wat jy tot die mense, wat jy eendag agterlaat, se lewe toevoeg?” vra Snyman.

Hóé ’n mens dink, is ook deurslaggewend.

“Jy kan nie net nee’s in jou lewe aanvaar nie,” sê hy.

Dit is ook belangrik om jou drome en doelwitte te verstaan.

“Vra jouself waarheen jy wil gaan en wat dit is wat jy wil hê.”

Snyman sê ’n mens moet aksie neem, anders gaan niks gebeur nie.

“Jy moet jouself aanspreeklik hou. Waarom doen jy nie iets onmiddellik nie? Hoekom wil ons altyd iets in die toekoms doen?”

Om ’n suksesvolle entrepreneur te wees, is dit belangrik om nooit op te hou leer nie.

“Ons word vasgevang in ons eie idees, maar groei nie in ’n gemaksone nie. Ons moet anders begin dink. Uber is die grootste taxi-maatskappy in die wêreld, maar besit nie een enkele voertuig nie,” sê Snyman.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.