Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verras met papballe gevul met soutvleis

Is jy verveeld met al jou paptert-resepte? Probeer dan om hierdie papballe te maak.

Bestanddele:

  • 1 liter water
  • ’n knippie sout
  • 250 ml (1 koppie) Magnifisan Super-mieliemeel

Vulsel:

  • 100 g soutvleis (boeliebief)
  • 50 g cheddarkaas, gerasper

Kors:

  • 2 groot eiers, ligweg geklits
  • 100 g vars broodkrummels gemaak van Super-Sure-brood

Metode:

Om die papballe te maak, laat die water en sout kook en voeg die mieliemeel stadig by terwyl dit met ’n vurk geklits word om klonte te voorkom.

Bedek en laat kook vir 10 minute.

Roer met ’n houtlepel en laat dit vir ’n verdere 10 minute kook. Laat afkoel tot ’n hanteerbare hitte.

Vir die vulsel, meng die boeliebief en cheddarkaas.

Neem ’n handvol van die afgekoelde pap en vorm ’n bal.

Druk met die duim ’n groot genoeg gat om dit met die boeliebiefmengsel te vul.

Rol die bal weer toe en doop in die eier en dan in die broodkrummels. Verkoel vir 30 minute.

Verhit genoeg olie om die papballe te diepbraai tot goudbruin en bedien warm saam met soetrissiesous.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.