Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verruil vrees vir ’n verskil

Verlede week het ek werklik besef wat dit beteken om gereeld bloed te skenk.

Dit red lewens.

Dit gee vir iemand die geleentheid om langer aan hul kinders, man, vrou of vriende geleen te word.

Duisende mense sou daagliks gesterf het as ander nie bloed geskenk het nie.

Die maklikste manier om ’n held te wees, is om veilig bloed te skenk.

Dink só daaraan: As jy elke 56 dae jou moue oprol, maak jy dit vir drie mense moontlik om meer tyd saam met hul geliefdes deur te bring.

Ons hoor gereeld hoe belangrik dit is.

Op die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se Donor for Life-eerbewysgeleentheid dié naweek, het ek ’n storie gehoor wat my perspektief verander het.

’n Vrou was die een oggend nog rustig by haar baba – net 12 dae oud.

Kort daarna het sy by die dood omgedraai.

As sy nie betyds bloed ontvang het nie, sou haar storie baie anders verloop het.

Met die Paastydperk wat om die draai is, is nóú veral die tyd om bloed te skenk.

Ek sukkel self daarmee. Naalde is iets wat ek net van ’n afstand wil sien. Ek wil nie daarmee gekonfronteer word nie.

Noudat ek besef dat dit werklik in daardie kritieke oomblikke iemand se lewe kan red, moet ek dalk van my vrees vergeet en ook ’n verskil maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.