Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vertroue versterk

Vertrou op die Here! – Psalm 27:14

Daar word vertel dat twee beroemde botaniste besig was om deur die valleie van Skotland te reis op soek na skaars blomme vir hul eie versamelings.

Op ’n dag het een van hulle ’n werklik besonderse blom raakgesien.

Ongelukkig het dit in ’n diep klipskeur gegroei waar hulle glad nie kon uitkom nie. Hulle het besluit om van ’n seun gebruik te maak om die blom vir hulle te pluk.

In die naaste dorpie het hulle ’n seun opgespoor en aan hom verduidelik wat hy moes doen. Hulle het hom verseker dat dit heeltemal veilig sou wees, aangesien hulle reeds twee sterk manne gekry het wat saam die tou sou vashou waaraan hy vasgemaak is.

“Ek kan dit nie doen nie,” het die seun gesê.

Hulle het hom meer vergoeding aangebied, maar dit het niks gehelp nie en hulle het hom gevra wat hom van plan sou laat verander.

“Ek sal dit net doen as my pa die punt van die tou vashou,” het hy gesê.

Hulle het die pa gekry – ’n klein mannetjie. Die pa het die tou vasgehou en die blom is gepluk.

Hulle het vir die seun gevra waarom sy pa die tou moes vashou.

Sy antwoord was eenvouding: “Ek vertrou my pa.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.