Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verval ’n bitter pil

Bethlehem was nog altyd vir my spesiaal, omdat ek hier gebore is.

Toe ek ’n kind was, het ons gereeld hier deurgery. My ouers het vir my plekke uit my kinderdae gewys, soos die eerste huis waarin ek gewoon het, my ma se winkeltjie en die hospitaal waarin ek gebore is.

Danksy die natuurskoon word die omgewing nog altyd hoog aangeslaan as ’n toeristebestemming.

Vandag is dit ’n bitter pil om te sluk hoe die plek agteruit gegaan het. Hoeveel keer moet betogers nog vra vir dienslewering om te verbeter? Hoeveel keer moet ’n mens kla oor swak paaie voordat iets daaraan gedoen word?

Ons is dankbaar vir die ingryping van die munisipaliteit om die paaie te probeer herstel. Kom ons hoop dit hou en die gate word nie met die eerste reën weer groter nie.

Kom ons hoop dat ons binnekort weer kan trots wees op ons dorp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.