Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Virtuele Comrades bied unieke uitdaging

Atlete van die Maluti-multisportklub in Bethlehem het op 14 Junie aan die virtuele Comrades-uitdaging, Race the Comrades Legends, deelgeneem.

Hoewel dié deelnemers nie die 90 km teen Polly Shortts af, verby Cato Ridge, Harrison Flats, Inchanga, Drummond (die halfpadmerk), op en af oor Botha’s Hill, deur Hillcrest en Kloof, teen Field’s Hill af, deur Pinetown, teen Cowies Hill uit en dan af na Durban gehardloop het nie, moes hulle die koue van die Oos-Vrystaat aandurf.

Volgens Melissa Maritz, voorsitter van die klub, het altesaam 28 klublede aan die virtuele Comrades deelgeneem. Sy sê almal het die wedloop baie geniet, al was dit vreeslik koud.

“Die koue het mense sommer net nog meer van ’n uitdaging gegee om te oorkom. Dit was vir hulle ook lekker om bekende gesigte weer langs die pad te sien.”

Die wêreld se grootste ultrawedloop, wat al sedert 1921 gehardloop word, is in Mei weens die Covid-19-pandemie gekanselleer.

Die Comrades-vereniging (CMA) het toe sy seën oor dié virtuele wedloop uitgespreek.

Die deelnemers kon aan wedlope oor 5 km, 10 km, 21,1 km en 45 km deelneem.

Dapperes kon uiteraard ook die 90 km-wedloop aandurf.

Die CMA het vroeër in ’n verklaring gesê die virtuele Comrades is ’n konsep gegrond op die stories van die Comrades se grootste legendes.

Atlete kon teen hul eie pas hardloop en hul tye met toestelle soos Strava, Endomondo, Garmin, Polar en Suunto op die Comrades-webblad a?aai. Hul uitslae is dan bereken.

Werklike medaljes sou later gestuur word aan almal wat die wedloop voltooi het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.