Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
VKB-rugby begin
  • Die VKB-rugbyweke skop vandeesweek in Reitz en Frankfort af. Die 20ste rugbyweek vir o.13-spanne vind van Donderdag (13/06) tot Saterdag (15/06) by die Hoërskool Wilgerivier in Frankfort plaas. Nege spanne sal deelneem. ) Van Sondag (16/06) tot Woensdag (19/06) sal 14 o.16-spanne in dié afdeling se 14de rugbyweek ook by die Hoërskool Wilgerivier teen mekaar meeding. ) Die sewe stedelike o.19-spanne sal in die 22ste VKB-rugbyweek van Sondag (16/06) tot Vrydag 21 Junie, op die Piet Geyer-sportterrein in Reitz meeding. ) Die o.19-plattelandspanne neem van 21 tot 26 Junie in Reitz aan die 22ste rugbyweek deel. Tien spanne is betrokke.

Terugflits na 2018:

VKB se rugbyweke het verlede jaar in die winter­vakansie uit sy nate gebars met 24 spanne wat in Frankfort en 20 spanne wat in Reitz gespeel het.

Altesaam 924 seuns het deelgeneem. Die wenspanne het in Oktober 2018 na Ierland getoer.

2018 se wenspanne:

  • o.13: Western Cubs
  • o.16: Oostelike Provinsie
  • Stedelik-o.19: Arende
  • Platteland-o.19: Noord-Natal en Luiperds (gelykop)

Mees aanskoulike rugby:

  • o.13: Griffons
  • o.16: Suid-Vrystaat
  • Stedelik-o.19: Luiperds
  • Platteland-o.19: Rooikatte

Beste voorspeler van die toernooi:

  • o.13: Christian Schmulling (Titans)
  • o.16: LJ Fransen (Suid-Vrystaat)
  • Stedelik-o.19: Herman Steenkamp (Arende)
  • Platteland-o.19: Stephan van Niekerk (Luiperds)

Beste agterspeler van die toernooi:

  • o.13: Ludwig Shuld (Griffons)
  • o.16: Duncan Erasmus (PTA Rooikatte)
  • Stedelik-o.19: Stephan van Niekerk (Luiperds)
  • Platteland-o.19: Llewellyn Ellis (Power Sport Cats)
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.