Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
VKB vier 100ste bestaansjaar

Ná die goeie jaar wat VKB beleef het, waartydens hy ’n winsmylpaal bereik het en boonop op bykans elke terrein grense verskuif het, kan hy ook met trots sê dat hy vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier.

Dit is voorwaar ’n gebeurtenis waarop VKB baie trots is, want daar is nie baie maatskappye in Suid-Afrika wat hulle daarop kan roem dat hulle ’n eeu oorleef het en steeds gedy nie.

VKB is primêr ’n landbou­maatskappy wat fokus op die optimalisering van die produsent se geldelike posisie deur die voorsiening van insette, die hantering en berging van graan en die bemarking van produkte.

Dus is VKB se primêre doel om vir landbouprodusente ’n klimaat te skep waarin hulle op produksie kan fokus en waardeur VKB hulle ondersteun om suksesvol te produseer. Sekondêr hiertoe poog VKB om waarde tot sy produsente se produkte toe te voeg om sodoende die ketting na die eindverbruiker te verkort.

Die eeufees, wat in Maart gevier word, sou nie sonder spanwerk moontlik wees nie. Hierdie spanwerk begin by die direksie en kring uit om die bestuur, personeel, verskaffers, kliënte en ander belanghebbendes in te sluit.

Hiermee wil VKB ook van die geleentheid gebruik maak om elke kliënt, verskaffer en personeellid te bedank vir hul wonderlike hulp en ondersteuning, en die ongelooflike lojaliteit wat die lede van die VKB-familie aan mekaar bind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.