Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vlerke pas hom goed

Ondanks die uitklophoue wat die Covid-19-pandemie verskeie sportsoorte een ná die ander gegee het, het ’n seun van Kroonstad te midde van inperking met sweeftuie begin vlieg en het hy al sy eerste solovlug onderneem.

Dit het Dandré Kruger (17), ’n gr. 11-leerling aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad, op 17 Julie vermag.

“Ek het agt maande gelede aan dié sportsoort begin deelneem en was regtig baie opgewonde om vir die eerste keer alleen te vlieg,” sê hy.

Dandré het al van jongs af ’n groot liefde vir vliegtuie en dié sportsoort het nog altyd sy belangstelling geprikkel.

Benewens die feit dat hy dit geniet om te vlieg, boei al die tegniese aspekte van die sportsoort hom.

“Dis is ’n uitdaging om elke keer die sweeftuig op die regte manier in die lug op te trek en dan lugstrome te soek sodat die sweeftuig in die lug kan bly,” verduidelik Dandré.

Hy is ’n lid van die Kroonstad-sweeftuigklub, wat langs die Welkom-pad by die Stonehouse-afrit geleë is, en hy vlieg tans met die klub se sweeftuie.

Klublede oefen elke naweek, wanneer moontlik.

Dandré hoop om genoeg ure te vlieg om ook as instrukteur te kan optree.

Hy word op sy beurt deur Riaan Denner, André Unwin, Michael Dittberner en Richard Hoffman opgelei.

“Vlieg as ’n stokperdjie is oor die algemeen baie duur, maar sweeftuie bied die goedkoopste manier om te leer vlieg en ek beoog om so gou moontlik my lisensie te kry.”

Dandré hoop om eendag onder meer spuitvliegtuie te vlieg.

Dié sportiewe leerling neem ook aan atletiek en rugby in skoolverband deel. Hy is gaande oor rugby en sê hy mis die interaksie wat dié sportsoort aan spelers bied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.