Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
VLU vereer lede op kongres

Dit is ’n eerste keer dat twee VLU-takke van Area 3 die trofee deel vir die tak met die meeste punte.

Area 3 se jaarlikse kongres is Donderdag (13/02) deur die Daniëlsrus-Vrouelandbou-unie (VLU) in sy Boereverenigingsaal gehou.

Die Daniëlsrus- en Kestell-VLU deel die trofee nadat albei 659 punte behaal het. Asrivier is tweede, met vier punte minder, en Fouriesburg derde.

Die oud-Reitzer Mathys Roets was die spreker en sanger op die kongres.

Roets het vertel hy het nooit gedink dat hy met musiekmaak, wat sy droom was, ’n bestaan sou kon maak nie. Hy onthou hoe hy ná sy ongeluk, as gevolg waarvan hy die gebruik van sy bene verloor het, sy drome bewaarheid het. Nou verwesenlik hy nuwe drome.

Die uitslae van die verskillende kompetisie-nommers, van eerste tot derde plek, is soos volg:

  • Colbert-borduurwerk – Louria Blignaut (Asrivier), Ira le Roux (Kestell) en René Exal (Fouriesburg);
  • borduurwerk, beginners – Suzie van Eeden (Daniëlsrus);
  • masjienwerk (warm moulose baadjie) – Maretha du Preez (Kestell), Hester Willemse (Daniëlsrus) en René Exal (Fouriesburg),
  • kniekouse vir ’n tiener – Yvonne de Bruyn (Fouriesburg), Daleen Maree (Daniëlsrus) en Ira le Roux (Kestell);
  • lessenaarorganiseerder – Sheran Breeds (Asrivier), Hanlie Venter (Daniëlsrus) en Esmarie Botha (Daniëlsrus);
  • hertzogies met ’n kinkel: Riani Marx (Kestell), Mari Wapenaar (Reitz) en Yvonne de Bruyn (Fouriesburg);
  • wortel-pynappel en komkommerslaai – Mari Wapenaar (Reitz), Elsa Greyling (Kestell) en Corrie Snyman (Fouriesburg);
  • fotografie (oop, maar moet van ’n titel voorsien wees) – Lynda Greyling (Asrivier), Esmarie Botha (Daniëlsrus) en Elsie Nothnagel (Bethlehem en Kosmos);
  • kort-kortverhaal – Taai Bonthuys (Daniëlsrus), Gerida Beukes (Waterbron) en Ira le Roux (Kestell);
  • skilderkuns (landskap in akrielverf) – Maretha du Preez (Kestell), Sheran Breeds (Asrivier) en Sujani Dorfling (Fouriesburg), gesamentlik tweede, en Dorette Steyn (Daniëlsrus);
  • takverslag – Therese du Plessis (Fouriesburg), Gerida Beukes (Waterbron) en Ira le Roux (Kestell);
  • blomme – Sheran Breeds (Asrivier), Yolindi van Tonder (Waterbron) en Ira le Roux (Kestell);
  • lid met hoogste totaal – Maretha du Preez (Kestell), Ira le Roux (Kestell), Sheran Breeds (Asrivier);
  • sekretaresse van die jaar – Therese du Plessis (Fouriesburg); en
  • voorsitter van die jaar – Anmari Scheepers (Fouriesburg).
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.