Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Voete in die see, ondanks taai rit

Dit is met kinderlike opgewondenheid dat ons begin pak het vir ’n kort seevakansie gedurende Paasnaweek – dit vir die eerste keer sedert die staat van inperking begin het.

Dit het onwerklik gevoel om te dink dat ons die see ’n jaar en ’n half laas gesien of geruik het. Almal het ’n dag se verlof ingesit om die uittog van binnelanders op die paaie te probeer vermy.

Nog beter, ons sou sommer deur die nag ry. Dit is immers koeler en die paaie behoort stiller te wees.

Vroegmiddag trek ons weg, hoopvol dat die rit van bykans nege uur spoedig en seepglad in die donkernag sal verloop. Ons moet volgens die aandklokreël voor 00:00 by ons bestemming wees, en as wetsgehoorsame landburgers wil ons by die reëls hou.

Alles verloop vlot tot op die N1-hoofweg, waar ’n see van ligte ons begroet.

Ons opgewondenheid kwyn vinnig en die rit ontaard in ’n nagmerrie. Die vragmotors, wat ellelange toue vorm, breek ons spoed.

Met die afdraai van die N1 na ons bestemming is die hoop dat omstandighede stiller sal raak, maar dié pad is nog besiger.

Intussen het die gesprek ontstaan dat die slegte toestand van ons land se paaie die toedoen is van die al swaarvoertuie wat daagliks van die paaie gebruik maak.

Boonop let ’n mens op die kilometers van verlate treinspore langs die pad. Die verlatenheid, en die feit dat nog iets wat eens goed gewerk het tot niet gegaan het, laat ’n mens hartseer.

As die treinvervoerstelsel nog in goeie werking was, sou minder swaarvoertuie op die pad wees. Dit sou ons rit minder spanningsvol gemaak het.

Nodeloos om te sê: Ons het stokflou en net betyds by ons bestemming aangeland. Tog is ons dankbaar vir die veilige rit onder moeilike omstandighede, en ten minste kon dié Vrystaters hul voete in die see druk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.