Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Volg reëls, bly positief

Wanneer ’n mens die radio of die televisie aanskakel en koerante lees, hoor en lees ’n mens van die Covid-19-pandemie – en met reg.

Uur vir uur verander die getal gevalle wat positief getoets is.

In die Vrystaat het nege mense teen Dinsdagoggend (24/3) positief getoets.

Dit is ons almal se plig om die maatreëls na te kom wat die Suid-Afrikaanse regering ingestel het. Die meeste mense gee gehoor hieraan, maar dan kry jy tog diegene wat hulle net nie daaraan steur nie.

In Bethlehem en naburige dorpe is dit die afgelope week stil. Skole is gesluit. Mense beweeg minder rond en besoek minder die inkopiesentrums.

Kerke het nie eredienste gehad nie en die NG kerk het Sondagoggend (22/3) oor die plaaslike radiostasie, Maluti FM97.1, ’n diens uitgesaai. ’n Erediens sal elke Sondag tot na Paasnaweek om 09:30 uitgesaai word. Tehuise vir bejaardes pas streng maatreëls toe.

Geen drank word ná 18:00 verkoop nie. Landwyd het ower- hede gesê met al hul voorstaandienste is niemand vir dronkbestuur in hegtenis geneem nie.

Moenie fopnuus op WhatsApp versprei nie. Voor jy iets stuur, maak seker dit is die waarheid.

Met enigeen wat die virus kan kry en die ekonomie wat swaar kry weens dié pandemie, kan ons nie bekostig om negatief te wees nie. Onder- steun mekaar deur positiewe gebare.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.