Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Volg voorbeeld van hande vat

Wanneer iemand die Idols-kompetisie wen, is daar ’n kort tydjie van glorie.

In dié tydperk moet hulle die publieke aandag benut om CD’s te verkoop en konserte te bespreek. Hulle moet die meeste maak van die tyd voordat die volgende reeks begin, en nuwe sangers en sangeresse die kykers se aandag wegsteel.

Sommige Idols-wenners het treffende stories van harde werk en uithouvermoë voor hul uiteindelike sogenaamde oornag-sukses.

Die stories het uit die aard van hul storie-weesdie vermoë om dikwels die kort rakleeftyd van treffers te oorleef, maar die beste kombinasie is wanneer treffer en storie saamwerk om legendes te help skep.

In 1995 skepskop Joel Stransky in ekstra tyd ’n bal deur die pale in ’n rugbyeindstryd wat legendes skep.

Selfs Hollywood kan nie die oomblik ignoreer nie, en die rolprent Invictus word verfilm oor die aanloop tot daardie wedstryd wat Mandela, Pienaar, Stransky, en die hele Suid-Afrikaanse situasie legendaries maak.

In 2007 is dit John Smith en Jake White se Springbokke wat in Parys met Engeland afreken.

Tog begin krakies en barsies vorm wat Suid-Afrikaners aftakel: Beurtkrag tref ons teen die einde van 2007.

Ook teen die einde van 2007 word Jacob Zuma tot president van die ANC verkies, wat tot sy presidentskap van die land in 2009 sou lei.

En toe verdwyn hoop. Legendes en helde maak plek vir staatskapers en kriminele.

Die ekonomie tuimel, nuwe rasgebaseerde partye soos die EFF vind ’n stem en gebruik dit om tweespalt en verwyt te saai.

Die Gupta-familie maak amok. Ons betree ’n bitter en lang winter van wanhoop.

En op 2 November 2019 kombineer Rassie Erasmus en Siya Kolisi met ’n Springbokspan wat soos ’n feniks uit die as van ’n verwoeste Suid-Afrika opstaan om die Wêreldbeker-trofee in Japan te verower.

’n Span met die motto: Strength through Unity.

As Suid-Afrikaners is hierdie dalk ons Idols-oomblik.

Ons kan dit uitrek.

Ons kan dit uitleef. Elkeen van ons, elke dag, in elke situasie – daar waar ons ’n verskil kan maak, waar ons storieskeppers kan word wat mekaar respekteer.

Ons het immers nou ’n visie van hoe ons kan lyk as ons net begin saamwerk.

Die Japanners het ’n puik visiebord as agtergrond vir die wêreldbeker geskep – hoeveel kan ons nie van hulle leer. Almal werk saam om stadions skoon te maak, ander lande se volksliedere te leer, mekaar te respekteer en toeriste te laat welkom voel.

Ons het die beker. Nou moet ons die meeste van die tyd tot ons beskikking maak.

Elke liewe een van ons.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.