Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Voltooi sirkel

Die nuwe chirurg by die Mediclinic Hoogland in Bethlehem glo daarin om ’n pad saam met elke pasiënt te stap.

Dr. Lizelle Human sê dit is dikwels vir pasiënte ’n emosionele tyd wanneer hulle gediagnoseer word. Daarom wil sy die pasiënt en sy of haar familie help om daardeur te kom.

“Ek wil graag ’n verandering in mense se lewe maak, maak nie saak hoe groot of klein nie,” sê Human.

Sy het gekies om in chirurgie te spesialiseer omdat ’n mens dikwels ’n onmiddellike verskil in iemand se lewe kan maak.

Sy voltooi die volle sirkel deur terug te kom na die dorp waar sy in die Dihlabeng-hospitaal met ’n keisersnit gebore is, ’n mangeloperasie ondergaan het en haar blindederm laat uithaal het. “Nou het ek al talle ander se mangels uitgehaal, verskeie keisers gedoen en baie pasiënte se blindederms daar uitgehaal,” vertel Human.

Nadat sy in 2001 aan die Hoërskool Reitz gematrikuleer het, het sy medies aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer. Sy het haar internskap en gemeenskapsdiens by die Dihlabeng-hospitaal voltooi.

Van 2011 tot 2016 het sy by die UV gespesialiseer om ’n chirurg te word. Sedertdien het sy by die Universitas-hospitaal in Bloemfontein gewerk. Sy sien uit daarna om deel van die Mediclinic Hoogland se chirurgie-span te wees.

Sy het haar liefde vir chirurgie ontdek toe sy saam met dr. Johann Vermaak by die Dihlabeng-hospitaal gewerk het. Sy sien ook uit om saam met dr. Juan McAlpine te werk.

Sy is gek oor die Oos-Vrystaatse mense. As sy nie werk nie, geniet sy dit om te kook en te bak of om tyd in die natuur deur te bring. As jy by haar spreekkamer inloop, is daar ’n warm atmos­feer met proteas wat jou oog vang.

Carel de Bruin, hospitaalbestuurder, het haar op Dinsdag 3 September verwelkom en gesê elke personeellid skryf sy eie storie by dié hospitaal. “Lizelle, jy gaan ’n fantastiese storie hier by ons skryf.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.