Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vra eerder hoe

Dit gebeur gereeld dat ons nie God se wil kan verstaan nie. Dan is ons geneig om te vra: “Hoekom?”

Ons moet egter weet wat in Jesaja 55:8-9 staan:My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.

Die hoekom-vrae is nie die regte vrae nie.Die vrae wat eerder gevra moet word, het te make met “hoe”. Vrae soos: “Hoe kom ek hierdeur?” of “Hoe hanteer ek dit?”

Hoe hanteer ek ’n kroniese siekte en seer?Paulus het ’n doring in die vlees gehad.

Hy het nie genesing gekry nie, maar wel ’n vrede wat alle verstand te bowe gaan, gekry in die wete van God se antwoord aan hom:“My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” – 2 Korintiërs 12:9

Ek kan hierdeur kom, want ek kan altyd weet dat my Here by my is. Hoor die belofte van Psalm 34:19 (NLV):Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.