Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrede word versteur

Stedelinge wil dikwels hul heil op kleiner plattelandse dorpies gaan soek.

Ek verstaan dit, want die platteland bied talle voordele.

Die gebrek aan verkeersknope is seker die grootste voordeel van die plattelandse lewe, want dit maak net soveel meer tyd in jou dag los om gehaltetyd saam met jou gesin deur te bring.

Die leefstyl is ook rustiger: Hoewel jou program ook vol raak, is dit steeds heelwat rustiger as in die stad.

Die gesin is deel van ’n omgee-gemeenskap. Plattelanders leef noodgedwonge nader aan mekaar en leer mekaar ken – en daaruit groei omgee. Jy hoor die dorp se skinderstories: As daar ’n geskiedenis van geweld, drankmisbruik of kindermolestering in ’n huisgesin is, sál jy daarvan hoor.

Benewens die voordeel van vars lug en natuurskoon is dit maklik om jou kinders in voeling met die natuur groot te maak omdat dit deel van jul bestaan is.

Ek het nog altyd gedink ’n mens voel makliker veilig op die platteland. Hoewel dit nie misdaadvry is nie, is daar die persepsie dat die risiko vir geweldsmisdaad minder is.

Dis egter onrusbarend dat ’n mens selfs al in ’n plattelandse dorpie moet hoor van twee gewapende rooftogte om die draai, van iemand wat helder oordag vermoor word en nog iemand wat doodgeskiet word.

Ons moet paraat wees. Dit is nie meer só veilig hier nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.