Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou gemaklik in tokse

’n Oudleerling van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem is in Springbokrugby se vroue-oefengroep ingesluit.

Hoewel die 20-jarige Jacomien Cilliers eers vanjaar haar rugbyloopbaan begin het, draf sy al vir die Luiperds se vrouerugbyspan uit.

Cilliers sê dit is vir haar ’n groot eer om in die Springbok-oefengroep ingesluit te wees.

Dié groep sal van 6 tot 20 Augustus in Stellenbosch ’n voorbereidingskamp vir die wêreldbeker-vrouerugbytoernooi bywoon.

Cilliers speel binne- en buitesenter vir die Luiperds, en is ook haar span se aangewese skopper.

Haar afrigters se geloof in haar vermoë het ’n groot rol in haar insluiting in die oefengroep gespeel.

Cilliers het in 2018 aan die Hoërskool Witteberg gematrikuleer. Sy studeer onderwys aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.