Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou op plaas gegroet

Ria Slabbert van Bethlehem is op Vrydag 20 Maart, twee dae ná haar 86ste verjaardag, ná ’n lang siekte oorlede.

Sy en haar man, Daan, het vir baie jare op die familieplaas, Dancior, geboer en sowat vier jaar gelede na die Bergprag-aftreeoord verhuis.

Die egpaar sou Donderdag (26/03) hul 60ste huweliks­herdenking gevier het.

Slabbert was ’n gerespekteerde en gewaardeerde vrou wat groot bydraes by die blommekunsklub, tuinbouklub en Vrouelandbou-unie (VLU) gelewer het.

Weens die noodmaatreëls wat ingestel is om die verspreiding van die koronavirus te bekamp, is haar begrafnisdiens, wat aanvanklik Donderdag (26/03) in die NG kerk Panorama sou plaasvind, op die familieplaas gehou. Dit is deur ds. Gideon Lamprecht van die NG kerk Panorama gelei.

Sy is in die familie­begraafplaas begrawe.

Die egpaar se seuns kon nie by die begrafnis wees nie. Gideon het drie omleidings gehad en is Donderdag eers ontslaan en Hans werk in Kameroen. Slabbert word ook oorleef deur twee dogters, Anneke Reinecke en Karien Erasmus, albei van Pretoria, en agt kleinkinders.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.