Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vroue bemagtig

AfriForum se Bethlehem-buurtwag bied in Maart gratis selfverdedigingsklasse aan.

Volgens Isoldé Laesecke, voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak, is die eerste klasse daarop gemik om meisies en vroue te bemagtig om hulself teen ’n moontlike verkragting te beskerm. Dit is geskik vir meisies ouer as 12 jaar en vir ouer vroue.

“Omdat dit ’n sensitiewe onderwerp is, word die klasse deur ’n professionele, opgeleide vrou van Fortis aangebied,” sê Laesecke.

’n Klas bestaan uit praktiese demonstrasies en teorie, en sal sowat drie uur duur.

Individuele aandag word aan elke deel­nemer gegee en slegs 25 vroue kan hulle vir ’n klas registreer.

Die eerste klas word op Vrydag 15 Maart om 18:00 aangebied en die tweede een op Saterdag 16 Maart om 08:00. Saterdag se klas is ’n herhaling van Vrydag s’n.

Diegene wat die klas wil bywoon, moet hul naam, van en ouderdom na 083-956-4221 stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.