Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vroue leer uit welwillendheid
Hier is Louisa Jonker, Sandra de Jong en Elmarie Oosthuizen besig is om verrassingspakkies op te maak, met die Kroonnuus byderhand waarin hulle, hul gasspreker Eloise Hoffman opgespoor het, vir ‘n onlangese veradering.
Sameroeper, Elmarie Oosthuizen van die Koppies VLU, by die pakkies met eetgoed wat lede vroeër in die staat van inperking maandeliks op ’n sentrale punt kon afhaal. Foto’s: Verskaf
Die VLU van Koppies het reeds tien komberse gebrei ter viering van die VVLU se 90ste bestaansjaar in 2021.

Die Vrouelandbou-unie (VLU) van Koppies het nie stilgesit in die staat van inperking nie.

Die vroue het via WhatsApp maandeliks steeds vergadering gehou. Selfs sprekers het só ingeskakel.

Tydens ’n onlangse vergadering met die tema “Welwillendheid”, was Eloise Hoffman, wat by die Kroonstad-DBV betrokke is, die gasspreker. Die vroue het Hoffman genooi om hulle meer van haar welwillendheid te kom vertel.

Hoffman het ’n passie en liefde vir diere. Sy is die afgelope vyf jaar ’n vrywilliger by die DBV.

Hoffman het in die virtuele vergadering gesê dat vroue mekaar moet inspireer, moed in moet praat, en altyd na die positiewe kant van die vreemde tye waarin ons leef, moet kyk.

“Sy is ’n unieke vrou wat ander inspireer sonder dat sy dit weet,” sê Catrien Koekemoer, VLU-voorsitter.

Die VLU het ook met hul maandelikse kompetisies voortgegaan. Hulle het gebak, gehekel, gebrei en blomme gerangskik.

Lede moes foto’s neem en dit op WhatsApp deel vir beoordeling.

’n VLU-vergadering kan ook nie gebeur sonder eetgoed nie. Die lede het met elke vergadering ’n pakkie met eetgoed opgemaak en lede het dit op ’n sentrale punt gekry.

Die Vrystaat Vrouelandbou-unie (VVLU) vier volgende jaar sy 90ste bestaansjaar. Elke tak moet komberse inhandig vir behoeftiges ter viering van dié mylpaal.

Die Koppies-tak het reeds tien komberse vir die geleentheid gebrei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.